WELKOM ALLE SUID-AFRIKAANSE MUSIEKLIEFHEBBERS
Is jy gereed om in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en kunstenaars, van toeka tot nou, se geskiedenis, verhale en musiek te delf? Wel ek is Marius De Vos, ‘n stoere musieknavorser, skrywer, versamelaar en radio omroeper, wat jou graag op hierdie unieke musiekreis wil neem. Op hierdie platform lees en luister jy nie net musiek nie, jy leer die gees en siel daaragter ken. Ontdek byna 40 jaar se navorsing oor ons eie Suid-Afrikaanse musieklegendes en vergete sterre!
Vir minder as die prys van ’n koeldrank (R20 per maand) word jy deel van ’n unieke gemeenskap wat hierdie stories lewend hou. Kry onbeperkte toegang tot rariteite, biografieë en diepgaande geskiedenis van die kunstenaars wat ons land se klankbaan gevorm het. Van die name wat almal onthou tot die stemme wat die tyd amper laat vergeet het… hulle leef voort op hierdie platform. Sluit gerus vandag aan… so ek nooi alle ware musiekliefhebbers… kom stap die goue musiekspoor saam met my!

